
Welkom by Reënboog Voetjies
Reënboog Voetjies is ’n klein, liefdevolle speelgroepie waar elke kind gesien, gehoor en gekoester word.
In ons veilige en geborge omgewing kry kleuters die geleentheid om te groei, ontdek en leer deur te speel, want ons glo dat elke treetjie deel is van ’n wonderlike leerreis.
Ons programme is doelbewus ontwerp om elke kind se fyn- en grootmotoriese ontwikkeling te bevorder, asook om belangrike sosiale, emosionele en kognitiewe vaardighede te versterk.
Hier leer ons nie net met ons koppe nie, maar ook met ons harte. By Reënboog Voetjies vorm Christelike waardes die grondslag van alles wat ons doen.
Ons gee opreg om oor elke kind se welstand, gesondheid en geluk, en streef daarna om hulle met liefde, geduld en aanmoediging te gelei.
Ons dae is gevul met pret en leer deur middel van verskeie stimulerende aktiwiteite soos kuns en handwerk, bouspeletjies, musiek, buitespel, stories, temaprojekte en nog baie meer!
Die 2-5 jaar klasse volg ’n goed beplande jaarprogram wat gebalanseerde, ouderdomsgepaste ontwikkeling verseker.
By Reënboog Voetjies glo ons dat spel die sleutel tot leer is - en dat elke kind, met die regte liefde en leiding, met Reënboogtreetjies na hul volle potensiaal kan stap!
